Misdade by Britse paleise bly ongestraf

Honderde voorvalle van misdaad is die afgelope drie jaar by Britse koninklike paleise aangemeld. Volgens internasionale media was wapens, dwelms, geweld en roof betrokke. Die Metropolitaanse polisie het onthul altesaam 470 misdade is tussen 2019 en 2021 by Buckingham-paleis, Kensington-paleis, St James-paleis en Clarence House geregistreer. Minder as een persent van die misdade het daartoe gelei dat iemand aangekla, gewaarsku of beboet is, en geen verdagtes is in die meer as 400 oortredings uitgeken nie.