Misdaad teen toeriste berokken reuse-skade

Reaksie word ontvang op die roof van ’n Spaanse egpaar in die vroeë oggendure van Saterdag. Geld en items ter waarde van 191 400 Namibiese dollar is by ‘n lodge net buite Etosha gesteel terwyl die egpaar geslaap het. Die voorkoms van herhaalde misdaad teen toeriste wek groot kommer onder belanghebbendes in die bedryf. Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging sê die misdade veroorsaak groot skade aan die land se reputasie.