Misdaad styg erg in Suid-Afrika tussen Julie en September

Die minister van polisie in Suid-Afrika, Bheki Cele, het bekend gemaak daar was ‘n toename in misdaad in die tydperk tussen Julie en September vanjaar. ‘n Polisiewoordvoerder, Norman Sekhukhune, het aan die parlement gesê meer as 6 000 mense is in hierdie tydperk vermoor. Cele sê die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie het bygedra tot die toename, met meer as 300 mense wat gesterf het en duisende ondernemings sowel as infrastruktuur wat verwoes is.