Misdaad neem af in Oshikoto-streek
Die goewerneur van die Oshikoto-streek, Penda Ya Ndakolo, het in sy streeksrede ‘n afname in misdaadsyfers in die streek gerapporteer. Hy sê egter daar is kommer oor verskeie uitdagings, soos ‘n gebrek aan voertuie om misdaad effektief in afgeleë gebiede hok te slaan. Dit veroorsaak ook dat inwoners ver moet reis om polisiedienste te benut of misdade aan te meld. Hy het uitgelig dat verkragtingsake, selfmoorde en veediefstal afgeneem het.