Mirco veroordeel Franse regering oor Westelike Sahara-soewereiniteit
Die Ministerie van Nywerheidsverhoudinge en Samewerking, Mirco, veroordeel die Franse regering se onderskrywing van Marokkaanse soewereiniteit oor Westelike Sahara. Volgens Mirco is die besluit ‘n blatante miskenning van die beginsels van internasionale reg, veral die reg op selfbeskikking – ‘n jarelange strewe van die Sahrawi-volk. Namibië sê die kwessie van Westelike Sahara bly ‘n dekoloniseringskwessie en kan nie onderwerp word aan ‘n bilaterale ooreenkoms wat die Verenigde Nasies se prosesse systap nie. Die uitvoerende direkteur van Mirco, Penda Naanda, het meer.