Minstens ses mense sterf in ontploffing in Kabul

Minstens ses mense is dood en talle is gewond in ‘n ontploffing naby die kantore van die Afghaanse ministerie van buitelandse sake in Kabul. Volgens ‘n Italiaanse nie-regeringsorganisasie wat mediese dienste verskaf, is verskeie gewondes is die hospitaal opgeneem. Die gebied waar die ontploffing plaasgevind het, huisves ook verskeie buitelandse ambassades. In Januarie is vyf mense dood en talle gewond in ‘n ontploffing by die ministerie. Verskeie aanvalle het die afgelope maande in Kabul en ander stede voorgekom. Die Islamitiese Staat-groep het aanspreeklikheid vir sommige van die ontploffings aanvaar.