Minstens 94 mense sterf in tenkwa-ontploffing in Nigerië

‘n Brandstoftenkwa wat ontplof het in die noorde van Nigerië, het die dood van minstens 94 mense veroorsaak en 50 is beseer. ‘n Polisiewoordvoerder het aan AFP gesê baie van die slagoffers het probeer om brandstof wat op die pad gemors het, in die hande te kry nadat die tenkwa laat gister in die Jigawa-staat in ‘n ongeluk was. Honderde mense is al in tenkwa-ongelukke in Nigerië dood. Die meerderheid van die slagoffers is mense wat om die tenkwa saamdrom om brandstof uit die tenkwa te skep voor daar ‘n groot ontploffing is.