Minstens 80 buffels versuip in stormloop na leeus trop jaag

Die omgewingsministerie het bevestig dat tussen 80 tot 100 buffels versuip het in die Zambezi-streek. Die diere het volgens berigte die Chobe-rivier probeer oorsteek na Namibië maar die trop is deur 12 leeus gejaag. In die stormloop het die diere teen die steil wal van die rivier in die water geval. Die leeus het sukses gehad. Die insident het in die vroeë oggendure plaasgevind. Romeo Muyunda, ministeriële woordvoerder, sê beamptes is op die toneel en meer inligting sal bekend gemaak word soos dit ontvang word.