Minstens 600 mense steeds vasgekeer na aardbewing in Taiwan

Reddingwerkers in Taiwan probeer uitkom by meer as 600 gestrande mense, ‘n dag nadat die eiland sy ergste aardbewing in 25 jaar beleef het. Die skudding met ‘n sterkte van 7,4 was naby die oostelike streek Hualien. Nege mense is dood en meer as ‘n duisend beseer. Van dié wat vasgekeer was in tonnels en naby ‘n nasionale park is met helikopters gered, maar 34 mense word nog vermis. Die aardbewing is gevolg deur meer as 200 naskokke, waarvan tientalle ‘n sterkte van 6,5 of meer gehad het.