Minstens 31 sterf in gasontploffing in Chinese stad
Minstens 31 mense is dood en sewe beseer ná ‘n gasontploffing by ‘n braai-restaurant in die Chinese stad Yinchuan. Die ontploffing is veroorsaak deur ‘n tenk met vloeibare gas in die restaurant wat gelek het. Die polisie het nege mense in hegtenis geneem en hul bates bevries. Dit sluit die restaurant se bestuurder, werknemers en aandeelhouers in. President Xi Jinping het die ontploffings as hartverskeurend beskryf. China is vanjaar deur talle voorvalle geruk waar veiligheid ‘n probleem was. Dit sluit in die ineenstorting van ‘n steenkoolmyn in Mongolië waar 53 mense in Februarie dood is.