Minstens 30 sterf vermoedelik in Uganda grondverskuiwings

Vrese bestaan dat minstens 30 mense dood is ná grondverskuiwings in die dorpie Masugu, in die Bulambuli-streek in die ooste van Uganda, maar die getal kan verder styg. Die land in Oos-Afrika ervaar die afgelope paar dae stortreën. Die regering het ‘n nasionale rampwaarskuwing uitgereik ná berigte van oorstromings en grondverskuiwings. Masugu is sowat vyf ure buite die hoofstad, Kampala, en die grondverskuiwings het laat gister gebeur. Beelde op plaaslike media wys groot dele waar die land met grond bedek is.