Minstens 22 dood, 77 beseer in ontploffing by Kubaanse hotel

Hotel Saratoga in Havana in Kuba wat deur ‘n ontploffing aan flarde geruk en ineengestort het, sou oor vier dae weer sy deure vir gaste geopen het nadat dit opgeknap is. Ten minste 22 mense is dood en 77 beseer, het President Miguel Diaz-Canel het op die toneel gesê. Hy het bevesetig die ramp by die hotel was beslis nie weens ‘n bom nie, maar waarskynlik deur ‘n gaslekkasie oorsaak.