Minstens 17 mense sterf in brand in Jakarta

Minstens 17 mense is in die Indonesiese hoofstad Jakarta dood toe ‘n brand uitgebreek het by ‘n brandstof-bergingstasie van die staats-energiemaatskappy Pertamina. Twee van die sterftes was kinders, terwyl 50 mense beseer is, insluitend een kind, volgens Rahmat Kristanto, ‘n beampte by die brandbestrydings-eenheid. Die meeste van die beseerde mense het brandwonde opgedoen en die regering sal vir hul mediese behandeling betaal, volgens Jakarta se waarnemende goewerneur Heru Budi Hartono.