Minstens 15 dood in brand in Nanjing, China

Plaaslike owerhede sê minstens 15 mense is gister dood en 44 beseer in ‘n brand in ‘n residensiële gebou in Nanjing in die ooste van China. Die gebou is in die Yuhuatai-distrik van Nanjing, ‘n stad met meer as agt-miljoen inwoners, sowat 260km noordwes van Shanghai. AFP berig brande en ander dodelike ongelukke kom algemeen in China voor weens lakse veiligheidstandaarde en swak toepassing. Die tragedie volg ‘n paar dae nadat ‘n brand in ‘n skool in die sentrale Henan-provinsie 13 skoolkinders gedood het terwyl hulle in ‘n koshuis geslaap het.