Minna Sachs-laerskool se ouers vra regsadvies

Ouers van leerders aan die Minna Sachs-laerskool in Keetmanshoop is deur die streekraad besig om ‘n regsmening in te win oor die nuwe skoolhoof se aanstelling. Die onderwysministerie het vroeër gesê ouers se eis dat die hoof Khoekhoegowab moet wees, is ongrondwetlik. Dit is ook teen sy indiensneming protokolle. Joseph Isaacks, die Karas-streekraad se voorsitter, sê ouers is nie tevrede met die ministerie se reaksie nie. Die raad sal aan die prokureur-generaal skryf vir regsadvies. Isaacks sê die ouers het die onderwys-direktoraat versoek om nie die skoolhoof vir die volgende twee weke by die skool toe te laat terwyl hulle wag vir die regsadvies nie. Kalahari-kring onderwysinspekteur Ryan Assegaai het bevestig dat die skoolhoof nie by die skool sal wees nie. Haar pligte sal deur die onderwysers uitgevoer word.