Ministerie werk aan beheer oor sy eiendomme
Die regering sê meer as 8 000 eiendomme is onder die loep in die Nasionale Vergadering. Die PDM-lid Elma Dienda het die mosie ter tafel gelê. Die staat het groot uitdagings nie net met instandhouding van sy eiendomme nie, maar ook met amptenare wat die persele onwettig verhuur of ander wat leë persele beset. Die adjunk vervoer- en werke-minister Veikko Nekundi sê stappe is geneem om onwettige huurders by munisipale eiendomme uit te gooi.