Ministerie waarsku veterane oor slenter

Die verdediging-ministerie waarsku Veterane van die Nasionale Bevrydingstryd ernstig om nooit hul persoonlike bankrekeningbesonderhede of inligting aan enigiemand te verskaf nie. Dit volg op inligting wat die ministerie bekom het oor mense wat hulself as ministerie-amptenare voordoen en veterane vir hul rekeningbesonderhede vra, klaarblyklik om individuele veteraneprojekte uit te betaal. Die ministerie sê alle amptelike inligting moet slegs by sy 14 streekskantore ingehandig word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ministerie se woordvoerder, Kolonel Petrus Shilumbu.