Ministerie verduidelik verbod op uitvoere van litium en meer

Die ministerie van myne en energie het verduidelik waarom hy die kabinet versoek het om ‘n verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale soos onverwerkte litium-erts, kobalt-mangaan, grafiet en seldsame aardmetale te plaas. Volgens die ministerie is die grootste klagtes die tekort aan voordele vir die gemeenskap, asof die buitelanders eenvoudig inkom en die bronne ontgin met geen insette in die plaaslike ekonomie nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Andreas Simon, gepraat wat sê dat hulle al gesien het hoe hierdie minerale werk skep in ander lande en dan teruggebring en aan die ministerie verkoop is.