Ministerie van myne stel vlootbestuur-stelsel bekend
Die Namibiese ministerie van myne en energie het vandag in die hoofstad die eerste elektroniese vlootbestuur-stelsel bekendgestel. Dié elektroniese stelsel is ‘n oplossing vir die bestuur, monitering en beheer van die ministerie se vloot met die jongste data om operasionele doeltreffendheid te verbeter. Avjunkminister Kornelia Shilunga het by die bekendstelling gesê die stelsel sal papierwerk en tyd wat tydens vlootbestuurs-prosesse spandeer word, tot die minimum beperk. Die hoof-ontleder-programmeerder Andreas Mutota in die ministerie wat die stelsel en sy spesifikasies in 2018 ontwerp en ontwikkel het, sê die ministerie sal die stelsel tydelik huisves totdat dit aan die kantoor van die eerste minister oorgedra word, waar dit gebaseer sal wees.