Ministerie stel publiek gerus oor radioaktiewe materiaal
Die nuus dat beplan word om ‘n bergingsfasiliteit vir radioaktiewe materiaal op Swakopmund op te rig, het die dorp in rep en roer. Meer as 1 200 inwoners het reeds ‘n petisie onderteken om dit te verhoed. Die publiek het tot 8 Maart om kommentaar te lewer op ‘n omgewingsimpak-studie wat Geo Pollution Technologies wil uitvoer sowel as ‘n omgewingsbestuursplan. Die gesondheid-ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die publiek verseker dat die ministerie nie nalatig sal optree wanneer die publiek se gesondheid in die gedrang is nie.