Ministerie sê oor programme na leerder haar baba blykbaar versmoor

Na aanleiding van die nuus dat ‘n 18-jarige leerder van Ashipala Sekondêre Skool in Omusati-streek gearresteer is nadat sy na bewering haar pasgebore kind by die skool se koshuis vermoor het, het Kosmos 94.1 Nuus met Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie oor tienerswangerskappe gepraat. Volgens die Namibiese polisie het die verdagte geboorte geskenk aan ‘n babaseuntjie, toiletpapier in sy mond gestop en hom versmoor. Sy het toe die liggaam in haar T-hemp toegedraai en dit in ‘n koshuiskamer-kas versteek. Bohn verduidelik watter programme in plek is vir ongewenste tienerswangerskappe.