Ministerie sê oor akademiese jaar

Skole regoor Namibië maak môre oop vir onderwysers en leerders, vanaf pre-primêr tot graad 10, sal Maandag amptelik begin. Luidens ‘n omsendbrief wat die ministerie aan streke gestuur het, sal die graad 11 leerders wat eksamens moet oorskryf as gevolg van die uitlek van vraestelle, Maandag begin skryf en op 21 Januarie klaarmaak. Uitslae sal volgens die ministerie reeds teen 24 Januarie gereed wees omdat die leerders dan amptelik hulle skooljaar sal begin. Die ministerie voeg by dat graad 11 leerders wat tussen 7 en 21 Januarie in die koshuis moet wees om eksamens oor te skryf, nie daarvoor betaal nie. Owerhede word gemaan om versigtig te wees met die hoeveelheid leerders in koshuise veral met die hoogs aansteeklike Omikron-variant.