Ministerie sal aanpassing maak, ex-situ het nie bewaringswaarde nie

Die omgewingsministerie sê in ‘n verklaring dat hy kommer het oor bewaringswaarde ex-situ, met ander woorde, inheemse diere wat in nie-endemiese gebiede aangehou word. Verder sê hy daar is kommer oor toenemende uitvoere van witrenosters vanuit Suid-Afrika na Namibië om dan later oorsee uitgevoer te word, omdat die buurland dit nie toelaat nie. Hy sê hy konsulteer met eienaars van witrenosters sal binnekort ‘n kennisgewing in die Staatskoerant publiseer om die uitvoer van die diere beter te reguleer. Dit kom na 40 witrenosters Dinsdagmiddag die land vir Texas verlaat het.