Ministerie reageer op Mwezi se jag-aantygings

Die omgewingsministerie het teruggekap teen aantygings wat deur Izak Smit van Desert Lion Human Relations Aid, of DeHLRA gemaak is oor die jag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi. Smit voer aan dat die leeu onwettig as probleemdier verklaar is om ‘n winsgewende trofee te skep. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie het sy reaksie so verwoord.

Muyunda sê daar is geen geheimsinnigheid nie en DeLHRA is welkom om die hof te nader om dokumente te bekom.