Ministerie reageer na leerder sig in een oog verloor na voorval by skool

’n 12-jarige seun is blind in een oog nadat ’n ouer leerder glo ’n liniaal direk in sy oog gegooi het by die Erongosig Primêre Skool in Usakos. Ten spyte van die kind se klagtes van verswakte sig, het die skoolowerhede nie behandeling gesoek of hom toegelaat om huis toe te gaan nie, en hom tot die middag by die skool gehou. Hy is later deur sy ouers na ‘n hospitaal geneem en na die Windhoek Sentrale Hospitaal oorgeplaas. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die gesondheid-ministerie, het skok uitgespreek oor die voorval.

Nangombe sê dat sulke oordeelsfoute gereeld voorkom.