Ministerie oorweeg nog taxitarief

Die olieprys het die afgelope maand met byna 10 persent gestyg. Daar word berig dat brandstofpryse in Suid-Afrika in Augustus weer kan styg, na twee maande van verlagings. Die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, het vroeër die jaar gevra vir ‘n taxitarief-verhoging van 15 Namibiese dollar, maar dit is nog nie toegestaan nie, en dit blyk dat brandstofpryse weer kan opgaan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Julius Ngweda, die vervoerministerie se skakelbeampte, oor wanneer die ministerie oor Nabta se versoek sal besluit.