Ministerie loods veldtog oor Waterhulpbronbestuur-wet

Die landbouministerie het sy bewusmakingsveldtog vir die Wet op Waterhulpbronbestuur 11 van 2013 in Windhoek vir die Khomas-streek van stapel gestuur. Die veldtog bevorder volhoubare waterbestuur en onderrig belanghebbendes oor hul regte, verantwoordelikhede en voldoeningsvereistes. Die wet het op 29 Augustus verlede jaar in werking getree, maar laat ‘n oorgangstydperk tot Februarie volgende jaar toe. Soortgelyke werksessies sal in Namibië se ander 13 streke volg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Nghipandulwa, die ministerie se woordvoerder, wat meer deel.