Ministerie is boos vir Para Portuguese-gerugte

Die ministerie van binnelandse sake het ten sterkste gereageer op beweerde berigte wat in ‘n beweerde Angolese koerant, Para Portuguese, gepubliseer is. Die artikel voer aan dat daar Namibiese amptenare is wat die grens na Angola oorgesteek het om Narnibiese identiteitsdokumente aan Angolese burgers uit te reik met die doel dat hulle vir Swapo in 2024 stem. Daar is ook melding gemaak dat sou Swapo wen, die persone betaal sou word. Die ministerie sê hy wil dit op rekord plaas dat die uitreiking van nasionale dokumente onder toepaslike wette uitgereik word en net die deur ministerie gedoen kan word. Die dokumente word slegs aan Namibiese burgers en permanente inwoners verskag. Die inligting in die artikel is dus sensasioneel, vals, misleidend en kwaadwillig.