Ministerie fokus op landelike ontwikkeling

Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het ‘n begroting van 2,6 miljard Namibiese dollar vir die 2024/2025-boekjaar gekry. Lynminister Erastus Uutoni het in die Nasionale Vergadering gesê een van die programme waarop hulle gaan fokus is landelike ontwikkeling, met ‘n begrotingstoewysing van 120,089 miljoen dollar. Volgens Uutoni sal 31 miljoen dollar bestee word aan landelike sanitasie-inisiatiewe in landelike gebiede, wat deur streeksrade geïmplementeer sal word. ’n Toewysing van 8,8 miljoen dollar sal selfhelpinkomste en werkskeppingsprojekte deur landelike gemeenskappe ondersteun, insluitend voedsel- of kontant-vir-werk-projekte.