Ministerie en streeksrade bespreek inligting-samewerking

’n Tweedaagse vergadering deur die Ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie en hoofstreeksbeamptes is besig om te kyk na effektiewe samewerking in die verspreiding van inligting aan die publiek. Die Kabinetsekretaris, George Simataa, het beklemtoon dat streeksrade sleutelinstellings is waarvan verwag word om saam te dink en saam te werk, deur inligting met belanghebbende ministeries te deel. Die regstreekse uitsending van die streeksrade se aktiwiteite sal deel word van die komende sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram.