Minister wil kabinet verlof vra om ivoor, renosterhoring te verkoop

Die omgewingminister, Pohamba Shifeta, beplan om ‘n kabinetsvoorstel in te dien om die verkoop van die land se ivoor- en renosterhoringvoorraad toe te laat. In Mei het die vyf KAZA-lande – Namibië, Zimbabwe, Zambië, Botswana en Angola – gesamentlik gevra dat die Cites-verbod op ivoorverkope opgehef word. Hulle het gedreig om aan die konvensie te onttrek as hulle nie toegelaat word om opgehoopte wildprodukte ter waarde van miljarde te verkoop nie. Shifeta het Namibië se soewereine reg om sy hulpbronne te gebruik beklemtoon, en verwys na die hoë koste om voorraad in stand te hou. Hy het aangedui dat ‘n plan om ivoor en renosterhorings te verkoop binnekort aan die kabinet voorgelê sal word. Reaksie is ontvang van dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese ekoloog.