Minister verwelkom opening van wynkelder in swart besit in Franschhoek

Die Suid-Afrikaanse minister van landbou Thoko Didiza het die opening van ‘n wynkelder deur die kinders van ‘n plaaswerker en wat ten volle in swart besit is, verwelkom. Klein Goederust is die eerste en enigste wynplaas in Franschhoek in die Wes-Kaap wat 100 persent swart eienaarskap het. Die 116 jaar oue plaas is aangekoop met spaargeld wat oor baie jare bymekaar gemaak is deur Paul Siguqa, die seun van ‘n plaaswerker. Die minister se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die wynproe-lokaal en restaurant op die plaas het vandag amptelik geopen.