Minister van veteranesake sê hy sal na Plan-vegters luister

‘n Groep oud-Planvegters, die militêre vleuel van die Swapo-party tydens die bevrydingstryd, hou vandag ‘n protesoptog en wil ook met die minister van veteranesake, Frans Kapofi, gesels. Die groep eis antwoorde oor wat gebeur het met die meer as 21 miljoen Amerikaanse wat deur die Verenidge Nasies vir rehabilitasie- en hervestigingsdoeleindes gegee is. Minister Kapofi wat op pad was na die Nasionale Vergadering toe hy met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, het gesê hy is nie bewus van die betoging nie, maar as hulle hom vind, sal hy luister na wat hulle te sê het.