Minister sê oor vleilande
Namibië is ‘n ondertekenaar van die Ramsar-konvensie oor vleilande van internasionale belang, en het vyf sulke vleilande van altesaam 676 564 hektaar gelys sedert die land in 1995 by die internasionale ooreenkoms aangesluit het. Elke jaar op 2 Februarie sluit Namibië aan by die 172 ondertekenaars van die konvensie om Wêreldvleilanddag te vier. Vanjaar word die dag gevier onder die tema “Vleilande en Menslike Welstand”. Toerisme-minister Pohamba Shifeta het gepraat by die Wêreldvleilanddag-vieringe wat in Opuwo plaasgevind het.