Minister gesels oor TB-dag en die stand van sake in Namibië

Wêrerld-Tuberkulosedag word elke jaar op 24 Maart herdenk. Vanjaar se tema is “Yes! We can end TB” in die Wêreldgesondheidsorganisasie se poging om dié internasionale epidemie te beëindig. Die sukseskoers in Namibië in 2020 om TB te behandel is 87 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula gepraat…   

Shangula sê die ministerie het veral uitdagings tydens die Covid-pandemie gehad.