Minister blameer Covid vir uitslae, maar vergeet verskeie tekortkominge

Die onderwysminister, Anna Nghipondoka, sê Covid is verseker die rede hoekom Namibiese leerders in die vorige akademiese jaar so swak gevaar het. Graad 9 leerders het in 2020 ‘n agterstand ervaar met grade 10 en 11 wat in 2021 weer swaar gekry het. Dit, in haar mening, is waar die agterstand gekom het. ‘n Skamele 21 persent van leerders het vir graad 12 onder die nuwe stelsel gekwalifiseer en uit die totaal van net meer as 38 000 leerders, het net meer as 5 000 vir tersiêre opleiding gekwalifiseer. Sy het nie melding gemaak daarvan dat 32 persent van skole in die land het geen telekommunikasie vermoë nie terwyl 18 persent sonder elektrisiteit is nie. In 2020, het net 13 000 staatsleerders, of te wel 2 persent van die totale leerders in die land, toegang tot digitale leerplatforms gehad. Daar is in sewe jaar geen begroting gedoen vir skoolinfrastruktuur nie.