Minimumloon sal werkverliese veroorsaak: SAN

Reaksie op die aankondiging dat die kabinet die arbeidsminister se besluit onderskryf om ‘n minimumloon in Januarie 2025 in te stel, word steeds ontvang. Die minimumloon is vasgestel op 18 Namibiese dollar per uur en kan na twee jaar hersien word. Dit is verbode vir werkgewers om hul werknemers se lone tot 18 dollar per uur te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Celeste Mhunduru, die woordvoerder van die Sekuriteitsvereniging van Namibië, SAN, wat sê die implementering van die minimumloon sal werkverliese veroorsaak.