Minimumloon: Jongste oor landbou se aansoek om kwytskelding
Die minimumloon is weer in die nuus met die publikasie daarvan in die Staatskoerant. Dit tree volgende jaar in werking. Die landbou-gemeenskap sê die loon is prakties vir sy bedryf nie en die sektor, wat vier landbou-unies insluit, wil vir kwytskelding vra. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging gepraat.
Van Vuuren sê hulle posisie word nou opgestel en dan sal hulle met die lynminister vergader.