Minimum-loon samesprekings in laaste fases

Die arbeidsministerie het verlede jaar verklaar dat die minimum-loon van 18 Namibiese dollar per uur in die eerste kwartaal vanjaar in werking sal tree. Die prosedure en konsultasieproses het verskeie uitdagings gestel, aangesien die verskille tussen die sektore en nywerhede die besluit moeilik gemaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die hoof openbare betrekkinge beampte van die arbeidsministerie, Maria Hendimbi, oor die jongste verwikkelinge.