Minerale waardetoevoeging krities: Alweendo

Myne-minister Tom Alweendo sê waardetoevoeging tot minerale hulpbronne is meer krities as om dit bloot te besit. Alweendo het onlangs die konvensionele fokus op eienaarskap en winsdeling in mineraal-hulpbron-ontginning uitgedaag en pleit vir ‘n breër perspektief op die maksimalisering van nasionale hulpbronne. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die nasionale vakbond van Namibiese werkers, wat sê waardetoevoeging is uiters belangrik vir ontwikkeling en werkverskaffing.