Minder bouplanne in Swakopmund goedgekeur
Die goedkeuring van bouplanne in Windhoek en Swakopmund het met 33,6 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem, van 283 planne in April 2022 tot 188 planne in April 2023. Die drywer van hierdie afname is Swakopmund, wat met 53,7 persent op ‘n jaargrondslag gedaal het. Die Swakopmundse munisipaliteit het in April 70 bouplanne vir huise goedgekeur, tien vir kommersiële eiendomme, twee vir nywerheids-eiendomme, asook 93 bouplanne vir aanbouings goedgekeur. Die 70 huise se bouplanne se waarde beloop sowat 60,4 miljoen Namibiese dollar, die kommersiële en nywerheids-eiendomme sowat 62 miljoen dollar en 5,4 miljoen dollar onderskeidelik en aanbouings van minder as 5,4 miljoen dollar is goedgekeur.