Minder besighede sluit in SA 

Volgens die jongste data van Statistieke Suid-Afrika, doen aansienlik minder ondernemings aansoek om te sluit. Verlede maand het 125 ondernemings hulle deure gesluit, ‘n daling van 17,2-persent teenoor die vorige jaar. Die totale aantal likwidasies vir die vyf maande is 638, ‘n daling van 9,3-persent teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Die opnamestatistikus van Statistieke SA, Onica Mushwana, glo dit dui op ‘n effense verbetering met die oorlewing van ondernemings in die huidige stram ekonomiese toestande: