Minder as helfte Namibiërs weet van klimaatsverandering

Afrobarometer se jongste peiling toon dat 45 persent van Namibiërs weet van klimaatsverandering – die res het nog nie daarvan gehoor nie. Onder die wat wel daarvan weet meen helfte dat dit die lewe moeiliker sal maak maar, sewe uit tien glo elke persoon kan ‘n verskil maak. Twee derdes meen die regering moet ingryp, al veroorsaak dit werksverliese. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown gepraat.