Minder as 50% van ACC se dossiere deur Imalwa se kantoor in 16 jaar afgehandel

Eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila is in Parys, Frankryk, by die Teenkorrupsie- en Integriteitsforum wat môre tot ‘n einde loop. Sy het die byeenkoms toegespreek en sê stappe wat die regering teen korrupsie geneem het sluit in die 2003 teenkorrupsie-wet, dit 2006 stigting van die Teenkorrupsie-kommissie, die fluitjieblaser-wet, wat nog nie geïmplementeer is nie, en bemiddeling in howe. Sedert sy ontstaan 18 jaar gelede het die kommissie 768 dossiere aan die aanklaer-generaal gestuur met minder as helfte, 343, wat teen die einde van die 2022-23 boekjaar afgehandel is.