Minder aktiewe SIM-kaarte, dongle-datagebruik styg 17%

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het sy statistieke vir die tweede kwartaal vrygestel, waarin tendense in telekommunikasie, uitsaaiwese en posdienste uiteengesit word. Sleutelpunte sluit in ‘n daling van 5 persent in aktiewe SIM-kaarte en ‘n 11 persent afname in mobiele breëbandgebruik op fone. Datagebruik deur onder andere dongles het egter met 17 persent gestyg. Die telekommunikasiesektor het ook beleggings van 243 miljoen Namibiese dollar gemaak. Helene Vosloo, Cran se uitvoerende hoof van ekonomie en markontwikkeling, gee meer inligting.