Min fondse vir sentrums vir mishandelde vroue en hul kinders

Die Suid-Afrikaanse kommissie vir geslagsgelykheid het ‘n beroep op die regering gedoen om seker te maak dat Thuthuzela-sorgsentrums en ander skuilings voldoende middele het om hulp te verleen. Baie van hierdie fasiliteite kan nie mishandelde vroue en hulle kinders huisves nie omdat hulle te min fondse het. Die kommissie se woordvoerder, Tamara Mathebula, het na afloop van Kinderbeskermingsweek gesê vroue is die hoofslagoffers van geslagsgeweld, maar hulle kinders is om voor die hand liggende redes ook slagoffers.