Milton: Groot kommer is Helene se puin

Die kategorie 4-orkaan Milton sal na verwagting weer vandag versterk na dit Mexiko se Yucatan-skiereiland bedreig het op pad na Florida, waar meer as ‘n miljoen mense beveel is om van sy pad te ontruim. Die digbevolkte weskus van Florida, wat minder as twee weke gelede nog van die verwoestende orkaan Helene steier, berei voor vir die orkaan se aankoms môre. Die groot kommer is Helene se puin wat nog nie opgeruim is nie, veral met Milton se winde. Die Amerikaanse nasionale orkaansentrum projekteer dat die storm waarskynlik naby die Tampabaai-metropolitaanse gebied sal tref, die tuiste van meer as 3 miljoen mense .