Miljoene word bestee om stemme in die VSA te werf
Die Amerikaners spandeer miljoene op hulle veldtogte. In Augustus het Kamala Harris 174 miljoen Amerikaanse dollar bestee, met Donald Trump wat 61 miljoen dollar uitgegee het. Harris se balans staan tans op 235 miljoen dollar met Trump wat 135 miljoen dollar oor het. Beide kandidate het besteding gefokus op advertensies, saamtrekke, reis en personeelkostes. Amerikaners stem op 5 November.