Miljoene vir mediese navorsing in Afrika

In gesondheid-nuus, het wetenskaplikes in Afrika ‘n hupstoot van 138 miljoen Namibiese dollar gekry van LifeArc en die Bill and Melinda Gates-stigting. Die Grand Challenges Africa Drug Discovery Accelerator-program mik om aansteeklike siektes te bestry soos malaria en tuberkulose. Erick Strauss van die Universiteit Stellenbosch sê TB is steeds ‘n belangrike probleem.