Miljoene SA huishoudings kry windkrag

Die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging berig miljoene huishoudings ontvang tans windenergie deur Eskom. Bedryfsleiers het op die 13de jaarlikse Windaba-konferensie in Kaapstad gesê ongeveer 3,6-miljoen huishoudings vind baat by bekostigbare windenergie, met tariewe wat die afgelope dekade met meer as 100-persent verlaag is. Morongoa Ramaboa van die vereniging sê egter ondanks vordering, duur verskeie infrastruktuuruitdagings voort.